DVE hou voor dat gesogte musiek en vrye-styl-daans saamgevoeg in ‘n veilige ruimte ‘n kragtige voertuig is vir die uitdrukking van emosie, die ontwikkeling van lighartigheid en kreatiwiteit, en dat dit met herhaling uiteindelik sielkundige integrasie en die proses van vernuwing moontlik kan maak. Nog meer, is DvE 'n kosbare ritueel buite die alledaagse warboel waar die gemeenskap deur daans en musiek bymekaar kan kom om eerstehands die transformerende en inspirerende krag te geniet om te kan beweeg, voel, en te beleef die wonder van die Lewe in volkleur en in oortreffende trap.
Tydens die daans word 'n wye verskeidenheid musiek oor verskillende style, tempos en genres gespeel. As daar 'n liedjie is wat aanvanklik nie daansbaar klink, blyk, of voel, nooi ons jou om nuuskierig te wees en dit in jou liggaam te ondersoek en verder te verken. Staan vir ‘n oomblik stil! Luister! Voel! Onthou daar is nie reg of verkeerd, net geleentheid om via soms onbekende klanke, bewegings en sensasies nuwe moontlikhede en versteekte potensiaal te ontdek!
Gesels met Bernice of Wynand vir meer inligting...